67 km vanaf Thabazimbi diep in die bos, lê Phororo
Wildlife Safaris. Phororo is gevul met verskeie wild lewe
en voel lewe. Elke jagter se droom van Waterbokke,
Blesbokke, Wildebeeste, Njalas, Koedoes, Rooibokke,Varke
wat tande het groter as joune en vele meer
Dis hier onder die Afrika son langs ‘n warm vuur waar
jag stories gestaltes kry en manne se lag oor die velde
weerklink. Kom ervaar Phororo se gasvryheid in hulle
gesellige jagters huis vir maximum 10 mense met moderne
geriewe.
Vir die nie jagter is daar lekker “quad bike” ritte om die
plaas en wild te besigtig en ontspan daarna by die
watergat uitkyk toring met ‘n sundowner en ervaar die
rustigheid van ‘n bosveld sonsondergang